Ontbyt-frittata

537

15 min. + gaarmaak 20 min.
6 mense

BESTANDDELE

Hoendermengsel
1 e olyfolie
1 medium rooi slaai-ui, opgekap
2 hoenderborsies, in blokkies
1 e rou heuning
1 t gerookte paprika
1 t droë pietersielie
½ t Oryx-sout
50 g baba spinasie, in warm water geweek en gedreineer
200 g gestoomde botterskorsiestukke
6-9 eiers, tot skuimerig geklits
Kors
180 g amandelmeel
4 t rou heuning
2 t water
¾ t Oryx-sout
¼ t growwe swartpeper
1 t droë pietersielie

METODE

1 Stel die oond op 180 °C.
2 Smeer pan met olyfolie.
3 Braai die ui goudbruin, voeg die hoenderblokkies by. Roerbraai hoender tot gaar. Voeg oorblywende bestanddele by. Roerbraai tot heuning karamelliseer.
4 Berei die spinasie, botterskorsie en eiers (bo) voor.
5 Sprei quiche-pan met kleefsproei.
6 Meng die kors se bestanddele saam, skep in pan en druk plat.
7 Rangskik die hoendermengsel, spinasie en botterskorsie in die kors en giet eier oor. Besprinkel met droë pietersielie.
8 Bak vir 20 minute.

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.