Ontdek die regte haarstyle vir jou gesigvorm

0
3774
haarstyle.jpg

Vra jouself af “wat is my gesigvorm” as jy wil weet watter nuwe haarstyl by jou gaan pas.

Voor jy besluit hoe jy jou hare gaan sny met jou volgende afspraak by die haarsalon, dink mooi of jy weet watter haarstyl by jou gaan pas. Jou haarkleur en tekstuur is nie al oorwegings nie. Jou gesigvorm is ’n baie belangrike aspek wat gaan bepaal of jou nuwe haarstyl gaan flop of fantasties lyk. Hier is ’n maklike gids om te bepaal watter een van die vyf gesigvorme jy het. As jy seker wil wees jy verstaan wat jou gesigvorm is, kam kort hare terug wanneer dit nat is of bind lang hare weg van jou gesig af in ’n poniestert agter jou kop. Staan voor ’n spieël en trek die buitelyn van jou gesig op die spieël met ’n oogomlyner potlood. Dit behoort jou ’n redelike idee te gee van die verhouding en proporsies van jou voorkop, wangbene, kaak en ken.

Wanneer jy vasgestel het wat jou gesigvorm is, kliek op die regte skakel hieronder vir foto’s van haarstyle met jou gesigvorm.

ovaal.jpg

OVAAL
Hierdie gesigvorm is goed gebalanseer en kan bykans enige haarstyl dra. Hou egter jou haartekstuur in gedagte, want as dit baie krullerig is, moet die snit liefs langer wees en as jou haartekstuur reguit en sag is, werk ’n korter styl goed. Eva Mendes het ’n tipiese ovaal gesigvorm.

Kliek hier as jy ’n ovaalvormige gesig het.

diamant.jpg

DIAMANT
Dié gesigvorm word gekenmerk deur prominente wangbene waar die gesig ook op sy breedste is. Die slape is effens smaller. Daarom moet jy altyd genoeg volume bo en aan weerskante van jou kop dra deur jou hare in baie lae te sny, anders kan jy afgerem lyk. Jessica Alba is ’n voorbeeld van ’n vrou met ’n diamant gesig.

Is jou gesig ook diamantvormig? Kliek hier vir haarstyle.

langwerpig.jpg

LANGWERPIG
Dié gesigvorm is lank en maer. Jy wil jou gesig korter en breër laat vertoon deur ’n kuif te dra, of baie volheid langs jou gesig te skep. Sarah Jessica Parker het ’n langwerpige gesig.

Vir haarstyl idees vir langwerpige gesigte, kliek hier.

vierkantig.jpg

VIERKANT
Dit is ’n kort, breë gesigvorm met ’n sterk kakebeen. Dié gesig benodig lengte in die nek om die sterk kaak te versag. Vermy kort haarstyle. Lang hare pas altyd hierdie gesigvorm beter. Demi Moore het ’n tipiese vierkantige gesig.

Hier is die haarstyle vir vierkantige gesigte.

hartjie.jpg

HARTJIE
Dié gesigvorm is ook kort en breed, met sagte vol wange en ’n opmerklike spits ken. ’n Haarstyl met hoogte op jou kop sal jou gesig langer laat vertoon. Kies eerder kantpaadjies en asimmetriese haarstyle en vermy middelpaadjies wat te veel die aandag vestig op jou skerp kennetjie. Reese Witherspoon se gesig is hartvormig.

Is jou gesig die vorm van ’n hartjie? Kliek hier vir celeb-haarstyle wat by jou gesig pas.

 

Bron: Hannon Bothma se boek, Maklik Mooi, geskryf deur Ryno Mulder