Onthou jy nog daardie wedstryd?

0
78
wereld beker 1995

Gister, twintig jaar gelede, het die Springbokspan die Wêreldbeker in rugby gewen. Wie sal ooit daardie laaste skepdoel van Joel Stransky vergeet?!

Gister, twintig jaar gelede, het die Springbokspan die Wêreldbeker in rugby gewen. Wie sal ooit daardie laaste skepdoel van Joel Stransky vergeet?!

Ek kan nog baie goed onthou hoe ons die wedstryd op TV gekyk het, en daarna deur die strate gery het. Ek sal nooit vergeet hoe lekker dit was om al die opgewondenheid van die mense en die feesvieringe in die strate te sien nie. Gister het al die Springbokke wat destyds aan daardie wedstryd deelgeneem het, weer op Ellispark saamgekom om na die wedstryd op TV-skerms te kyk.

Een speler was nie daar nie. Dit is Ruben Kruger. Hy is mos aan breinkanker dood. Maar ek is oortuig dat hy ʼn ander oorwinning vier. Ek het Ruben Kruger destyds ontmoet en sy geloof in God het my so getref. Ons is almal saam met die Bokke bly oor hul oorwinning, maar ek dink dat Ruben Kruger die soetste oorwinning van almal vier.

God sê mos vir Johannes in Openbaring 21:6-7 Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees.