Ontmoet vir Karmen Wiid

0
565
karmen_wiid.jpg

Die jongste gepubliseerde skrywer in Suid-Afrika. Al is haar eerste boek binnekort op die rakke, moet Karmen Wiid ook skottelgoed was en huiswerk doen. Kyk die oulike video …

Moenie dat hierdie langbeen, kaalvoet plaasmeisie jou flous nie. Karmen Wiid, dogter van predikant en sakevrou Liesel Krause-Wiid, is net 12 jaar oud, maar sy skrik nie vir groot droom óf groot doen nie. Sy is al van kleins af mal oor boeke, en nou het haar eerste roman, Ella –Goue Liefde, pas die lig gesien.