Oondbraaistuk met koffiesous

598

6 tot 8 porsies

1,5 kg beesoondbraaistuk
sout en varsgemaalde swartpeper

Koffiesous
olie vir smeer
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
kardemom- en koljandersaad
1 ui, gekap
4 ml gekneusde knoffel
300 ml sterk koffie
15 ml brandewyn
30 ml bruinsuiker
15 ml korrelmosterd
vars takkies tiemie

1. Smeer die vleis met olie, geur met sout en peper, plaas dit met die vetkant na bo in ’n oondpan en druk kardemom- en koljandersaad bo-op die vleis vas.
2. Braai die ui en knoffel, voeg die res van die sousbestanddele by, verhit tot kookpunt en giet oor die vleis.
3. Bedek die vleis en maak dit gaar.
4. Laat dit 15 minute lank in die louoond staan voor dit met sagte polenta en vars babagroente opgedien word.