Oondgebakte risotto met chorizo-wors

0
143
rissoto.jpg

Wat is beter as ’n een-bak dis? Hierdie oondgebakte risotto is super maklik in die Argilla Roosterbak.

Genoeg vir 4-6 persone
Tyd: 1 uur 15 minute

BESTANDDELE
150 g sjitake- en sjimeji-sampioene
2 knoffelhuisies, fyngedruk
sprietuie, gekap
botter
250 ml arborio-rys
2 blokkies hoenderaftreksel
750 ml kookwater
125 g chorizo-wors, in skyfies gesny
160 g parmesaankaas, gerasper

METODE
1. Mikrogolf die sjitake-sampioene, knoffel en sprietuie vir 5 minute in botter in ’n medium Gourmet-oondbak.
2. Voeg die rys by. Los die hoenderaftrekselblokkies in die kookwater op en voeg by die rysmengsel. Bak vir ’n uur teen 180 °C.
3. Mikrogolf intussen die sjimeji-sampioene, wors en ’n bietjie botter in ’n klein Klassieke oondbak vir 5 minute.
4. Hou eenkant totdat die risotto gaar is. Roer die parmesaankaas asook die worsmengsel deur die risotto.
5. Garneer met ’n paar sampioene en skyfies chorizo-wors.