Oondgeroosterde botterskorsies

0
743

Voorbereiding: 5 minute
Baktyd: 45 minute
Porsies: 4 (2 per botterskorsie)

BESTANDDELE:

2 middelslag heel botterskorsies
8 teelepel olyfolie (1 t per kwart)
2 g Oryx-woestynsout
2 g growwe swart peper
1 eetlepel rou heuning
2 g paprika
4 klein rooi slaai-uie
50 g amandelmeel
20 g amandelsprinkels
20 g pampoenpitte
5 ml karamelgeursel
15 g vars roosmaryn vir garnering

METODE:

1. Stel die oond op 200 °C.
2. Berei jou oondpan of bakplaat voor met kleefsproei.
3. Sny elke botterskorsie in kwarte en verwyder die pitte met ’n bottermes.
4. Rangskik die kwarte in die oondpan of op ’n bakplaat.
5. Berei voor met olyfolie, sout, amandelmeel, karamelgeursel en ’n skeut heuning oor elkeen.
6. Rond af met amandelsprinkels en growwe swartpeper en plaas in die oond vir 30 minute.
7. Haal uit die oond en besprinkel weer met sout voor jy die finale afronding doen met paprika, opgekapte rooi slaai-uie en pampoenpitte.
8. Plaas terug in die oond vir nog 15 minute.
9. Haal uit oond, laat effens afkoel en garneer met vars roosmaryn voor opdiening.

Izelle Hoffman, leefstyl-sjef