Oondpan-hoenderfilette

413

Oornag + gaarmaak 25 min.
10 porsies

Vir soutwater om oornag in te week
3 e Oryx-sout 
1,2 liter water

BESTANDDELE

1.5 kg hoenderfilette
2 e olyfolie
2 e rou heuning
 3 e paprika
3 t gedroogde basiliekruid
3 t uievlokkies
1 klein rooislaai-ui opgekap (opsioneel)
1 e sesamesaad (opsioneel)
1/2 t growwe swartpeper
1/2 t Oryx-sout

METODE

1 Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
2 Berei ’n oondpan voor met foelie en/of kleefsproei.
3 Rangskik die hoender wat oornag in die soutwatermengsel gelê het in die oondpan.
4 Bedruip met olyfolie en dan die rou heuning. 
5 Sprinkel met paprika, basiliekruid en uievlokkies.
6 Rond af met growwe swartpeper, sesamesaad en gekapte ui.
7 Bak vir 25 minute.
8 Haal uit die oond en dreineer oortollige water. (Jy kan dit laat afkook vir ’n sousbasis indien jy verkies.)
9 Geur met Oryx-sout na smaak.
10 Bedien warm of koud.

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.