Oor binnetoe kyk

Partykeer moet ‘n mens van buite af na binne kyk voor jy kan sien.

Want binne lyk dit donker, maar van buite wys die venster en al die mooi.  Die jaar maak al hoe vinniger klaar en dis reeds middel Oktober.  Vir my voel dit of ek min reggekry het hierdie jaar.  Miskien ‘n groter netwerk gebou, maar die resultate van al die planne om my besigheid te bou was minder as wat ek gehoop het.

Ek kyk ‘n dokumentêre program oor verskillende kreatiewe mense  en almal van hulle het een ding in gemeen, wanneer hulle idees opraak of hulle kreatiwiteit min voel, staan hulle terug en kyk van buite af na binne.  Hulle kry afstand.  Doen ander dinge, wat niks met werk te doen het nie.

So vir die laaste twee maande van 2018 gaan ek ‘wegstap’ van my entrepreneurskap probeerslae vir hierdie jaar.  Ek gaan lees en hardloop en dans en sing.  En huisskoonmaak en weggooi en my lewe vereenvoudig.  Ek gaan in die son sit en tee drink en dalk vir iemand kuier wat ek lanklaas gesien het.  Mooi dinge maak en my afgterdeur rooi verf.  ‘n Nuwe roosboom koop en kruie plant, want ek dink ek het genoeg beplan en gedink vir hierdie jaar, en partykeer moet ‘n mens ‘n entjie wegstap van alles af, voor jy die nuwe pad sien.

Foto:  https://georgiaphiles.wordpress.com/2013/04/30/in-photos-the-little-things-i-will-miss-about-tbilisi/

Vorige artikelAs ek vir my ma ‘n brief kon skryf
Volgende artikelWanhoop = Hoop
Blogger - Liesl Cronje
Liesl is 'n lewens-en besigheids coach vir vrouens en glo dat elke vrou 'n baie spesiale storie het. “Ek vertel stories oor die lewe, vanuit 'n ander hoek. My besighede, Thyme2B & Thyme Events is geïnspireer deur my liefde vir kruie en veral Tiemie. Tiemie beteken courage en die oorspronklike betekenis daarvan is, om die storie van wie jy is met jou hele hart te vertel. Daarom leer ek graag ander vrouens hoe om hulle stories te omvou en met hulle hele hart te vertel.” Liesl is getroud met Pierre en het drie jong volwasse kinders. Kyk ook by www.thyme2b.co.za vir meer blogs en Instagram: @thyme_2b.