Oor die nuwe jaar

Ek koop ‘n 2018 dagboek met ‘n Alice in Wonderland tema, want ek hou van die wysheid van die karakters in die fliek.

Die eerste ware woorde is sommer op die buiteblad van die dagboek – Begin at the BEGINNING, and go on till you come to the end: then stop. Hoe logies.

My plan is om nóg van hierdie wyshede in my dagboek te skryf as motivering en inspirasie vir elke week van die nuwe jaar. Maar sommer op die heel eerste bladsy maak ek ‘n ‘fout’. My doodle lyk glad nie soos die Pinterest doodle wenke wat ek bestudeer het nie. Nou is my dagboek lelik, op bladsy een. Sug. Ek kan mos nie die jaar begin met ‘n fout op die eerste bladsy nie?

In gevalle soos dié werk self gesprekke gewoonlik. Om gedagtes te orden:
Ek een: “Jou nuwe jaar het ‘n fout op”.
Ek twee: “Dis nie die ergste nie”.
Ek een: “Maar dit lyk nie mooi nie”.
Ek twee: “Nou maak dit reg”.
Ek een: “Hoe”?
Ek twee: “Wat het jy? Waarmee is jy goed”?

Wat my aan die dink sit. Ek is goed met woorde, ek kan ander inspireer en ek is goed daarmee om anders te kyk na gewone dinge. Wat het ek? My dagboek. Aftrek papier, penne, wit tape. ‘n Skêr. Woorde.

Dit waarmee ek nié goed was nie raak die heel lekkerste heelmaakpoging. Die tape plak die skewe doodle toe en ook sommer die uitgeknipte blokkie aftrek papier vas. Ek skryf. Die stukkie papier raak propvol met woorde wat my inspireer. You can. Practice the pause. Create. Worry less. Special. Adventures. Sunset. Sea. Release. Light. Truth. Inhale. Exhale. Peace. Hope. Fun. Humble. Kind. Joy. Don’t judge. Go for it. You deserve a whole sheet of gold stars. Keep life simple. Believe. Be mindful. Cloud walking. Rain. Growth. Festive. Harvest. New. Faith …

Die tape letseltjie lê nog daar, maar bo-oor is wense vir meer. Ek was nie so goed met een ding nie maar het onthou ek is beter met ander. Wat is daar wat jy wil wegwens, uitvee, doodkrap aan die einde van jou jaar? Miskien is dít juis die begin wat jou en ander kan inspireer tot weer probeer.

My wens vir jou vir 2018 is dat jy sal sien wat jy het en waarmee jy goed is en mag jy in joú proses hierdie wyshede van Alice beleef:

I can’t go back to yesterday because I was a different person then.
&
But I nearly forgot. You must close your eyes, otherwise you won’t be able to see a thing …

Vorige artikel‘n Adellike oggend
Volgende artikelRegte rigting
Blogger - Liesl Cronje
Liesl is 'n lewens-en besigheids coach vir vrouens en glo dat elke vrou 'n baie spesiale storie het. “Ek vertel stories oor die lewe, vanuit 'n ander hoek. My besighede, Thyme2B & Thyme Events is geïnspireer deur my liefde vir kruie en veral Tiemie. Tiemie beteken courage en die oorspronklike betekenis daarvan is, om die storie van wie jy is met jou hele hart te vertel. Daarom leer ek graag ander vrouens hoe om hulle stories te omvou en met hulle hele hart te vertel.” Liesl is getroud met Pierre en het drie jong volwasse kinders. Liesl en haar dogter Lische is ook die skeppers van LiLiBeth stories en sketse. Kyk by thyme2b.co.za en thymeevents.co.za vir meer blogs en Instagram: @thyme_2b, @lili_cronje en @lilibeth_cronje.