Oral los ek my DNA

843

Die bylmoord-hofsaak is tans aan die gang in die Kaap. Een aspek van die hofsaak wat my absoluut interesseer is die getuienis oor die DNA wat elke mens agterlos waar jy ook al gaan of kom.

Die bylmoord-hofsaak is tans aan die gang in die Kaap. Een aspek van die hofsaak wat my absoluut interesseer is die getuienis oor die DNA wat elke mens agterlos waar jy ook al gaan of kom.

Dit is nie net jou voetspore en jou vingerafdrukke nie, maar ook jou DNA. Dit is al die sigbare (en minder sigbare) merke van jou teenwoordigheid wat jy nalaat. 

Maar daar is ook ander merke of spore wat selfs nog meer onsigbaar is as jou DNA, en dit is die invloed wat jy op ander het vanweë jou woorde of jou optrede. Jy oefen invloed uit op ander, en ander mense oefen invloed uit op jou. Paulus skryf aan die Korintiërs dat ons baie seker moet maak met watter kwaliteit materiaal ons in ander mense se lewens bou. Hy skryf:

Volgens die genade wat God my gegee het, het ek soos ’n goeie bouer die fondament gelê, en ’n ander bou daarop. Maar hy moet mooi kyk hoe hy verder bou, want niemand kan ’n ander fondament lê as wat reeds gelê is nie. Die fondament is Jesus Christus. Of dit goud, silwer, edelstene, hout, gras of strooi is waarmee iemand op die fondament bou, elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word. Die dag kom met vuur, en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets. As iemand se bouwerk bly staan, sal hy beloon word; as iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is (1 Korintiërs 3:10–15). 

Met watter boumateriaal bou jy in ander se lewe?

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.