Oros-hoender

0
1366

4-6 porsies

BESTANDDELE

1 ui, gekap
12 hoenderboudjies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 groen soetrissie, ontpit en in repies gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in repies gesny
1 geel soetrissie, ontpit en in repies gesny
250 ml mayonnaise
125 ml blatjang
125 ml water
250 ml Oros

METODE

1 Stel die oond op 180 °C en smeer ’n oondvaste bak.
2 Rangskik die ui op die bodem van die voorbereide oondbak en plaas die hoenderboudjies bo-op. Geur met sout en peper na smaak.
3 Rangskik die soetrissies bo-op die hoender.
4 Meng die mayonnaise, blatjang, water en Oros saam en giet oor die hoender. Bedek die bak met foelie en bak vir 2 uur tot gaar.

Dis heerlik as ’n ligte aandete of selfs as padkos.