Osso bucco

926

6 porsies | 8-9 uur

BESTANDDELE

30 ml koekmeel
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
6 dik skywe beesskenkel
30 ml botter
30 ml kanola-olie
2 uie, gekap
2 groot wortels, gekap
2 selderystingels, gekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
300 ml hoenderaftreksel
1 x 410 g-blikkie gekapte tamaties
10 ml gekapte vars origanum
1 lourierblaar

METODE

1. Geur die meel na smaak met die sout en peper. Strooi die gegeurde meel oor die beesskenkels sodat dit eweredig bedek word.
2. Smelt die botter en olie in ’n swaarboompan en braai die skenkels vir ongeveer 10 minute tot goudbruin.
3. Meng die uie, wortels, seldery en knoffel in die prutpot se bak. Rangskik die skenkels op die groente en giet die hoenderaftreksel en gekapte tamaties oor. Geur met die origanum en lourierblaar.
4. Stel die prutpot vir 8 uur op laag en maak gaar tot die vleis van die been afval.
5. Geur na smaak met sout en peper. Sit dadelik voor.