Osteoporose kom minder voor by mense wat oefen

0
16
osteo.jpg

Oefening maak jou bene sterk en deur gereeld oefeninge te doen werk jy die effekte van osteoporose tee.

Jou doelwit moet wees om beenvorming te stimuleer en oormatige beenverlies te voorkom. Hier is 3 maniere hoe jy dit kan doen:

  • Aërobiese aktiwiteite wat gewigdraend is. Dit beteken oefeninge waar jou bene en voete jou liggaamsmassa dra soos lae-impak aërobiese oefeninge, aërobiese trappie-oefeninge (step aerobics), dans, stap (met enkelgewiggies verkieslik), draf en selfs tuinwerk. Hierdie tipe oefeninge werk direk op jou bene in jou heupe, lae-rug, bo- en onderbene om die verlies van minerale te vertraag. Water-aerobiese-oefeninge en swem is fantastiese oefeninge, maar het nie so ’n groot invloed op jou bene om mineraalverlies te vertraag nie. Vir mense wat reeds osteoporose in ’n erge graad het kan hierdie tipe oefeninge tot groot voordeel wees omdat daar geen impak op die gewrigte is nie.
  • Weerstandoefeninge help ook om mineraalverlies te vertraag. Dit is oefeninge met          gewigte, weerstandsrekke of masjiene.
  • Strekoefeninge sal jou postuur verbeter, beserings help voorkom en jou help met balans. Doen altyd strekoefeninge aan die einde van jou oefenprogram as jou spiere warm is en hou elke strek vir 20 sekondes. 
     

Geskryf deur Linda Kriel Prinsloo