Oud, vars en uniek

0
149
two_love_design.jpg

Two Love Design is deur twee susters, Lezanne en Marize, begin wat hulle talente en vaardighede in ontwerp en vervaardiging bymekaar gesit het.

Saam vul hulle mekaar goed aan as dit kom by idees en ontwerpe. Suid-Afrikaanse blomme, soos proteas, bergbruidjies, speldekussings en strelitzias, word as motiewe vir die hout-en-Perspex-borsspelde en ‑oorbelle gebruik. Ou silwerlepels word gebruik vir die maak van hangertjies, waarop daar dan motiewe met die hand uitgesny word. Met die kombinasie van silwer, Perspex en oudhede is hulle ontwerpe vars, uniek en baie gewild by oud en jonk.

Hulle produkte is te sien by die CY mark in Durbanville van 23 tot 28 September. www.twolovedesign.co.za.