[OUDIO] Dink jou pad oop na gewigsverlies

Ons is almal soekend na die geheim vir gewigsverlies. Voor jy jou eetgewoontes kan verander, moet jy eers jou gedagtes oor jouself verander. 

Wanneer jy leer om jouself weer lief te hê, sal net goeie en positiewe dinge uit jou lewe begin vloei. Verander jou gewoontes en jou verkeerde benadering van emosies en kos. Wanneer jy yskas toe wil hardloop omdat jy hartseer of gestres is, doen iets anders.

Drink eerder ’n glas water, loop om die huis, doen tien skêrspronge of gaan lees ’n stukkie uit ’n inspirerende boek. Doen dit totdat jy jou ou gewoontes vervang met nuwe gewoontes wat gaan bydra tot ’n gesonder en beter jy. Baie keer leef ons net om te eet, en eet ons nie om te oorleef.

Die magic wat jy so oral soek om van daai ekstra gewig ontslae te raak, lê nie in ’n pot goud aan die einde van die reënboog nie. Dit lê alles opgesluit in die kamers van jou eie siel en gedagtes. Om my lewe te verander moet ek daarom my denke verander.

Deel die oudio
Scroll to Top