[OUDIO] Neem beheer van jou gedagtes oor kos

Dink anders oor jou gewig en jou lyf. Dit is belangrik om vroeg in jou lewe te leer om ’n goeie verhouding met kos te hê. 

Luister mooi na jou liggaam. Leer wat jou liggaam wil hê, en wanneer. Lewe gesond en handhaaf ’n goeie leefstyl. Kry ’n lewenstyl wat vir jou werk.

Eet as jy honger is. Om gesond te wees, beteken nie dat jy honger moet ly nie. Eet net so gesond as moontlik en sny vetterige kosse en suiker uit jou dieet. Oefen gereeld, drink genoeg water en kry genoeg rus.

En onthou dat jou gedagtes nie jou liggaam moet boelie nie. Ons is op aarde geplaas om ongelooflike dinge te doen. Die kos op jou bord, hoeveel jy weeg, die grootte van jou jeans en die vorm van jou liggaam het niks daarmee te doen nie.

Glo dat jy altyd genoeg sal wees, ongeag van al die kere wat die wêreld jou die teenoorgestelde laat voel. Besef dat elke dag ’n geskenk van God is en hoe geseënd jy is om gesond te wees en te lewe.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Oefen jy net wanneer jy gewig wil verloor? Wanneer jou boude ’n bietjie kleiner moet wees vir daardie nuwe denim? Oefening hou egter soveel meer ...

Lizelle van der Klashorst

As jou lewe en toekomsdrome in ’n doodloopstraat beland, is dit tyd om verandering te verwelkom. Jy kan dit met jou woorde en dade teweegbring. ...

Lynette Beer

“As jy ’n droomsoeker wil wees moet jy begin by die vraag: Wie is ek? Jy kan tog nie ’n droom leef as jy nie ...

Scroll to Top