Omring jou deur mense wat jou motiveer en die beste in jou na vore bring. Maar moenie soos hulle probeer wees nie. Jy is uniek geskape.
Die lesse van die lewe sny soms diep en seer soos ’n lemmetjie. Wonde laat letsels, in jou siel, wat jou daagliks daaraan herinner. Dit is onmoontlik om te weet wat die dag van môre vir ons inhou. Jy het egter ’n keuse.
Óf jy vertrou op God. Óf jy lê aand ná aand en huil jou kussing sopnat oor iets wat nie uitgewerk het nie. Die lesse in die Bybel leer ons dat daar ’n baba ná geboortepyne is … vrede ná die dood van ’n geliefde.
In Deuteronomium sê God ná Moses se dood vir die volk dat hulle ná 30 dae nie meer oor Moses moet treur nie. God weet dit is nie goed om te lank oor jou verliese te treur nie. Dit is hoekom Hy dit in Sy Woord opgeteken het.
Fokus daarop om jou energie en tyd in die teenwoordigheid van die regte mense deur te bring. En onthou, dit is oukei om te val, solank jy net weer opstaan.