As jou lewe en toekomsdrome in โn doodloopstraat beland, is dit tyd om verandering te verwelkom. Jy kan dit met jou woorde en dade teweegbring.ย
Verandering raak ons op โn persoonlike vlak, en ook in verskeie fasette van ons lewe. Vir die meeste van ons is dit onbeplan, vinnig en meestal ongemaklik. Soms sluip verandering stadig, stil-stil nader soos โn kat wat โn muis bekruip.
Ander kere is dit soos โn donderstorm met wind, weerlig en hael wat neerslaan op โn sinkplaatdak. Dit kan ons verpletter laat, soos platgeslaande bome en huislose dakke nรก โn tornado. Dit kom met spoed sonder die kans om dit te weerstaan of daarvoor te beplan.
Verandering kan egter ook beplan wees vir โn alternatiewe en positiewe uitkoms. Ons lewe is dalk in โn doodloopstraat met geen toekoms nie. Dan het jy die keuse om verandering teweeg te bring. Dit kan in jou eie of in iemand anders se lewe wees.
Beplande verandering bied โn geleentheid en โn definitiewe besluit vooraf om โn bestaande realiteit doelbewus in โn ander rigting te stuur. Dit vereis โn keuse, โn plan, dissipline en volharding om verandering te bewerkstellig.