[PODSENDING] Vermy die volgende 10 slaggate wanneer jy vir aftrede spaar.

Om te spaar vir aftrede is ʼn lang en aanhoudende reis met baie uitdagings langs die pad. As jy die volgende 10 slaggate vermy sal jy suksesvol na jouself kan omsien wanneer jy die dag aftree.

“Een van die grootste foute wat jy kan maak is om geld uit jou pensioenfonds te onttrek wanneer jy van werk verander. Die nuwe Twee-Pot stelsel stel jou ook ongelukkig deesdae in staat om toegang tot van jou aftreegeld te kry. In minder as ‘n jaar het Suid-Afrikaners reeds miljarde rande uit hul pensioenfondse onttrek teen groot kostes en belasting. Hierdie onttrekkings het reeds duisende mense van ʼn aftrede beroof.”

Jy moet genoeg spaar om jou finansieel te dra deur ’n aftrede wat maklik 35 jaar of langer kan duur. Hoe vroeër jy begin spaar, hoe groter is jou voordeel. Dis belangrik om volgehou te spaar én om meer opsy te sit as wat jy dalk aanvanklik sou verwag.

  • Die 1ste slaggat is om te lank wag voordat jy begin spaar
  • Die 2de slaggat is om nie vir die negatiewe uitwerking van inflasie te beplan nie
  • Die 3rde slaggat is om te onderskat hoeveel geld jy vir aftrede gaan nodig hê
  • Die 4de slaggat is om nie konsekwent aan te hou spaar nie
  • Die 5de slaggat is om geld uit jou pensioenfonds te onttrek
  • Die 6de slaggat is om te vroeg af te tree
  • Die 7de slaggat is om te vroeg in aftrede te veel te onttrek
  • Die 8ste slaggat is om nie vir langlewendheid te beplan nie
  • Die 9de slaggat is swak diversifikasie in jou aftree portefeulje
  • Die 10de slaggat is om met skuld af te tree

Kontak Mia gerus by [email protected] sodat sy jou kan help om jou beleggingsdoelwitte te bereik.

MIA KRIEGLER is direkteur van Batebestuur by Kruger Internasionaal en #GeldGeheime word met trots geborg deur Kruger Internasionaal, jou reisgenoot op die pad na finansiële sorgvryheid – https://krugerinternasionaal.co.za

Deel die oudio
Scroll to Top