Oulike geskenkidees vir kinders

0
963
geskenke_vir_kinders.jpg

Elke kind se behoeftes en vermoëns verskil. Kies die perfekte geskenk vir haar deur hierdie riglyne te volg.

Vir die wysneuse

Leergierigheid en verwondering is die sleutel

Hierdie kinders vra meer as die gewone “Hoekom?” en word gefassineer deur enigiets ongewoons. Wetenskapbokse vol eksperimente sal hulle aan biologie en chemie as iets opwindends laat dink. Enige bordspel of opvoedkundige speelding of boek wat kinders se lees- en wiskundige vaardighede ontwikkel, is ’n goeie keuse. ’n Mens kry ook skoon storieboeke waarin kinders hulle eie storie kan teken. ’n Moderne aanslag soos rekenaarprogramme, videospeletjies en toepassings is ook ’n wenner.glow_fossil_science.jpg

GESKENKIDEE Laat ontluik die argeoloog in jou kind met 4M se Glow Fossil Science (R179,90), beskikbaar by Toys R Us.
Leer jou kind meer oor aardrykskunde met 4M se Earth Moon Model (R129,90), beskikbaar by Toys R Us.

Vir die bou-ingenieurs

Beplan, bou, breek, herbou...

Hulle beplan vooruit en volg aanwysings tot in die fynste besonderhede. Dit kan gesien word in die noukeurigheid waarmee hulle enigiets bou. Hy bou dalk graag ’n dieretuin met blokkies en pak dan al sy plastiekdiere in die kampe. Daarna breek en bou hy weer en weer, en speel ure lank daarmee. Houtblokke trek steeds hulle aandag, veral as daar interessante argitektoniese elemente by is. ’n Albaster-glybaan is ’n uitstekende geskenk omdat dit ook probleemoplossing behels. Magnetiese konstruksie-speelgoed is ook ’n opsie en LEGO-stelle bly ’n gunsteling. Speelgoed wat sonder ’n “bouplan” kom sodat hulle hulle eie inisiatief aan die dag kan lê, is ook gewild by hulle.lego.jpg

GESKENKIDEE Laat hom soos ’n ware ingenieur voel wanneer hy die Solar Early Warning Aeroplane (R99,90), beskikbaar by Toys R Us, bou.
LEGO Juniors Construction (R199,90), beskikbaar by Toys R Us, sal jou kind se verbeelding aangryp.

Vir die boekwurms

Lees en legkaart bou bly bo

Dié outjies kan langer stilsit. Lees is ’n uitstekende tydverdryf vir hulle, aangesien hulle nou self leer lees. Wanneer jy saam met jou kind lees, wys met jou vinger na elke woord. Dit help hulle om op die uitkyk te wees vir sekere klankpatrone. Maak seker jy koop ’n verskeidenheid boeke: van geïllustreerde boeke tot selfleesboekies met prentjies wat sekere woorde in die sinnetjies vervang. As jou kind ’n spesifieke belangstelling het, sal ’n boek met ’n sekere tema (soos feetjies, motors, ballerinas, dinosouriërs) ’n goeie keuse wees. Dieselfde geld ook vir legkaarte. Stel hulle ook bekend aan kaart- en bordspeletjies vir een persoon, soos Memory Game. Pophuise is vir hierdie groepie ook groot pret.barbie.jpgpuzzle.jpg

GESKENKIDEE Koop vir jou kind hierdie 2-in-1-legkaart van haar gunsteling TV-karaktertjie: DocMcStuffins (R149, 19), beskikbaar by Toys R Us.
Barbie Memory Match Game (R40,00) beskikbaar by Toys R Us sal enige dogtertjie se hart steel.

Vir die akrobate

Beweging en koördinasie is die wagwoord
Vir hierdie groepie is ’n klimraam heeltemal te vervelig. Hulle beskik oor meer as die gewone dosis energie. Maak seker jy belê in speelgoed wat hulle laat beweeg... en beweeg... en beweeg! Basiese sporttoerusting is altyd ’n wenner: ’n krieketkolf met bal en handskoene, ’n gholfstel of basketbalbal en -ring. Draai sommer ’n goedkoop geskenk soos ’n hoelahoepel of springtou saam toe, want hierdie klomp word nooit moeg nie! Ander geskenke sluit in ’n fiets, skopfiets, rolskaatse, skaatsplank of die ou bekende Swingball. En moenie vergeet van al die lekker swemspeelgoed waarmee hulle hulle ure lank in die swembad kan besig hou nie.tennis.jpgboot_0.jpg

GESKENKIDEE Die 5-in-1 Sports Set (R499,90), beskikbaar by Toys R Us, is ’n briljante keuse. Stel jou kind so aan verskillende sportsoorte bekend.
Die Intex Eplorer (R119,90), beskikbaar by Toys R Us, sal jou kind van ure se swembadpret verseker.

Vertaal en verwerk uit 5-Year-Old Birthday Gift Ideas deur Sheri Gurock.