Oulike ma-bederfdag E-FUNKSIE

Tema - LOS DIE SKULDGEVOEL...

Om ’n werkende ma te wees, is nie maklik nie. Jy is voltyds ma, voltyds werker, voltyds vrou. Finesse se bederfdag saam met goeie vriendinne is nét wat jy nodig het om die skuldgevoel van werkende ma af te skud!

Kaartjies

Die E-FUNKSIE word op Saterdag 26 September om 14:00-16:00 uitgesaai.

Indien jy nie op dié spesifieke tyd vir die E-FUNKSIE kan inskakel nie, sal jy ’n REPLAY-skakel ontvang om die OPNAME binne 72 uur te kyk.
Alhoewel dit ʼn E-FUNKSIE is, is daar ʼn beperkte aantal kaartjies beskikbaar!

EARLY BIRD-
kaartjie

R64

R74

EARLY BIRD-kaartjie:
* R64 per gesin
* Aanbod geldig tot Vrydag 25 September om 12:00

ENKEL-
kaartjie

R74

ENKELkaartjie:
* R74 per gesin
* Geldig tot Vrydag 25 September om 12:00

GROEP-
bespreking

R59

Indien jy 2 of méér kaartjies koop

GROEPBESPREKING:
* 2 of méér kaartjies teen slegs R59 per kaartjie
* Geldig tot Vrydag 25 September om 12:00

VIP-
kaartjie

R139

R297

VIP-kaartjie:
* Kaartjie (R74 per gesin)
* Geldig tot Vrydag 25 September om 12:00
+
* e-Boek LOS DIE WERKENDE MA SKULDGEVOEL (R124)
* Oudio-opname van E-FUNKSIE (R99)

BEDERFBOKS-
kaartjie

R235

R750

BEDERFBOKS-kaartjie:
* Kaartjie (R74 per gesin)
* Aanbod geldig tot Vrydag 25 September om 12:00
LET WEL* As jy jou bederfboks tussen 18 en 25 September bestel, is daar ʼn kans dat jy dit eers ná die e-funksie sal ontvang.
Jy sal egter die skakel om aanlyn in te skakel dadelik kry (via epos).
+
* Oudio-opname van E-FUNKSIE
* Guzzle & Wolf springmielies
* Oulike ma-bederfdag kaartjie
* Fragrance Boutique produk
* Finesse Voelgoed Tydskrif
* Creme Classique produk
* Enrista produk
* Resepte
* Miladys afslagkoepon
* Los die werkende ma skuldgevoel boek
* Voelgoedwinkel afslagkoepon
* Koerierkoste ingesluit

Sprekers, ens

Meer oor

Jy doen fantasties. En jou kinders sal goed uitdraai, ongeag die ure wat jy nie by hulle is nie. Regtig.

Natuurlik dink jy nie altyd so nie. As jy soos die meeste werkende ma’s is, voel jy dalk asof jy altyd tekort skiet wanneer dit kom by genoeg doen en gee vir jou kinders.

Om nie eens te praat van jou baas, jou man, jou ouers en die gemeenskap nie.

Geniet ’n bederfdag saam met vriendinne

Jy is mal daaroor om ’n ma te wees. Maar soms is dit stresvol en oorweldigend. Jy dink dalk jy is ’n supervrou, maar elke ma het soms tyd nodig om haar bolla los te maak en saam met vriendinne te lag en pret te hê.

Hoe gereeld gaan jy op jou eie uit of spandeer tyd saam met jou vriendinne? Ons vergeet soms om vir onsself ’n bietjie vryheid te gee om sommer net batterye te herlaai.

Hier is ons voorstel – kom ons neem almal ’n dag af!

Ons Oulike ma-bederfdag is ’n wonderlike geleentheid om te ontlaai en saam met goeie vriendinne pret te hê.

Raad van vroue wat net so besig is soos jy

“Prioritiseer en kry balans. Soms sal jou fokus op jou gesin wees en ander tye sal jou beroep meer tyd en energie vereis,” sê Mandi du Plooy-Baard, aktrise, TV- en radio-aanbieder én ma van twee.

Voorkomskonsultant Johanni Steenkamp van You Honey gaan jou wys hoe maklik dit is om op jou beste te lyk by die werk én terwyl jy kinders rondry.

Elsabe Aldrich se humor-sessie “Mamma het ’n breek nodig” is dalk net wat jy nodig het om jou weer woema te gee om voluit superma te wees.

Binnelanders se Ramey Short sal die temperatuur met sy energieke liedjies opjaag en menige hart in ’n japtrap verower.

Jy gaan verwelkom word met ’n glas Polkadraai-sjampanje van Stellenbosch Hills, peusel aan Guzzle and Wolf-springmielies en vir dié geleentheid moet jy jou gunsteling-polkakol-rok dra!

Vra vir manlief of Oupa en Ouma om vir ’n paar ure na die kinders te kyk en kom geniet ’n bederfdag spesiaal vir ma’s!

Boek + e-Boek

Los die werkende ma skuldgevoel

52 Temas, geskryf deur werkende ma’s, help jou om minder gestres te wees, minder skuldig te voel en meer gedoen te kry. Terselfdertyd word jy as ma bemoedig om jou eie drome na te jaag.

deur
Mandi Baard, Hettie Brittz en ander. As jy dié boek vooraf bestel, stuur ons vir jou ’n gratis ekstra boek om iemand te bederf.
 +
As jy dié boek vooraf bestel, stuur ons vir jou ’n GRATIS EKSTRA BOEK om iemand te bederf.

R174

Ook beskikbaar as ‘n e-boek
R124

NAVRAE

Stuur ‘n epos na [email protected]
of bel 016 018 0243 (Kantoorure)
V&A