Plaas jouself in háár skoene

Oulike ma-bederfdag

’n Onvergeetlike ma-en-dogter-ervaring om antwoorde te kry op die vele uitdagings wat tieners in die gesig staar.

Oulike ma-bederfdag
Dae
Ure
Minute
Sekondes

Sprekers

Liesel Krause-Wiid en ander topklas sprekers

Fotohokkie

Spesiale fotohokkie vir ma’s en dogters

Paneelgaste

5 paneelbesprekings met Rhona Erasmus as gesprekleier

Oulike ma-bederfdag

Voelgoed Media en Biomedical Emporium se OULIKE MA-BEDERFDAG beloof om ’n onvergeetlike ma-en-dogter-ervaring te wees, waar ma’s saam met hulle tienerdogters antwoorde sal kry op die vele uitdagings wat tieners in die gesig staar.

Óf julle verhouding op ’n goeie plek is óf ’n bietjie werk nodig het, dié bederfdag is ontwerp om gesprekke te begin, vaardighede te leer, bande te versterk en jou dogter te inspireer om alles te word wat sy kan wees!

Oulike ma-bederfdag

Plaas jouself in háár skoene

Jy weet nooit régtig hoe ander voel totdat jy jouself in hulle skoene plaas nie!

Dis hoekom ‘n bederfdag met die tema PLAAS JOUSELF IN HÁÁR SKOENE so wonderlik is. Ma’s en hulle dogters kan by topklassprekers nuwe wenke, vaardighede en roetines leer om ‘n werklik betekenisvolle ma-en-dogter-verhouding te hê.

Sprekers om na uit te sien, is Liesel Krause-Wiid, Chantal Struwig, Johanni Steenkamp, Daniëlla van Heerden en Serahni Symington.

Die meeste ma’s het honderde foto’s van hulle dogters, en almal is mal oor ‘n selfie. Kom neem ‘n foto in ons spesiale fotohokkie sodat julle later kan terugkyk op hierdie spesiale dag in julle lewe

Oulike ma-bederfdag (sprekers)
Oulike ma-bederfdag (Landing page-leefstyl)
Oulike ma-bederfdag (paneelgaste)

Program

Sprekers en temas om na uit te sien!

Sessie 1

08:10-08:55

Goddelike besluite wanneer dit moeilik is

Hoe moet ek as Christen in vandag se tye optree? Vroeër was dit makliker, daar was duidelike reëls en tradisies wat almal min of meer as die norm aanvaar het. Om vandag wyse besluite te neem by die skool, tussen vriende of op die sportveld, kan vir tieners ‘n uitdaging wees!

Oulike ma-bederfdag (LIESEL KRAUSE-WIID)

Liesel Krause-Wiid

Speaker

Sessie 2

09:20-10:05

Is jy jou eie grootste vyand?

Persepsies wat ’n mens oor jouself het, is soos ’n bril waardeur jy elke dag na die wêreld kyk. Dit is belangrik om jou uniekheid te omhels en die selfvertroue te ontwikkel wat nodig is om groot doelwitte te stel, jou drome te volg en jou volle potensiaal te bereik.

Oulike ma-bederfdag (CHANTEL STRUWIG)

Chantel Struwig

Atleet en sosialemediabeïnvloeder

Sessie 3

10:35-11:20

Wat sien jy as jy in die spieël kyk ...

Jy is mooi net soos jy is! Dit beteken egter nie dat ’n mens nie raad nodig het om op jou beste te lyk nie. Kom vind uit hoe om gesond te leef, aan te trek wat jou liggaamsvorm vlei en vol selfvertroue van binne én van buite te leef.

Oulike ma-bederfdag (JOHANNI STEENKAMP)

Johanni Steenkamp

Voorkomskonsultant en eienaar van Girlschool Pretoria

Sessie 4

12:35-13:20

Sosiale media se moets en moenies!

Tegnologie is deel van die moderne samelewing en kinders word daarmee groot. Dat dit veral vir jonger kinders nadelig kan wees, is natuurlik waar. Wéét wat die gevare en nadele van sosiale media is, maar ook hoe tegnologie kan tot tieners se kennis en ontwikkeling bydra.

Oulike-ma-bederfdag-(DANIËLLA VAN HEERDEN ).png

Daniëlla van Heerden

TV-nuusleser en joernalis

Sessie 5

13:55-14:40

‘n Ma-dogter-verhouding wat spesiaal is

Die tienerjare is verwarrend en soms moeilik vir ’n ma en haar dogter. Dinge hoef egter nie ingewikkeld te wees nie en daar is baie maniere waarop julle ’n spesiale verhouding kan hê deur goeie kommunikasie, wedersydse respek en liefde.

Oulike-ma-bederfdag-(SERAHNI SYMINGTON).png

Serahni Symington

Gekwalifiseerde berade

Die paneelbesprekings en vraag-en-antwoord-sessies word gefasiliteer deur
Rhona Erasmus
(Suksesvolle sakevrou en aanbieder van die #WerkendeWondervrou-podsending)

Rhona Erasmus

Suksesvolle sakevrou en aanbieder van die #WerkendeWondervrou-podsending

In-persoon, Moreleta Kerk

Koop jou kaartjie!

Brons kaartjie

vir Ma-en-dogter
R 199 R275
  • Mini-oudit, Moreleta Kerk
  • Sitplek AGTER
  • *Middagete-opsies by Revive Café beskikbaar

Silwer kaartjie

vir Ma-en-dogter
R 199 R350
  • Mini-oudit, Moreleta Kerk
  • Sitplek MIDDEL
  • Oudio-opname ingesluit
  • *Middagete-opsies by Revive Café beskikbaar

Goue kaartjie

vir Ma-en-dogter
R 345 R425
  • Mini-oudit, Moreleta Kerk
  • Sitplek VOOR
  • Video-opname ingesluit
  • *Middagete-opsies by Revive Café beskikbaar

Video- en oudio-opnames

As jy nie die funksie kan bywoon nie...
Kry die video- of oudio-opnames

Oudio-opnames

van die sprekers
R 75 R100
  • 5 sprekers
  • Oudio-opname
  • 45 minute per spreker
  • Luister op jou eie tyd

Video-opnames

van die sprekers
R 100 R150
  • 5 sprekers
  • Video-opname
  • 45 minute per spreker
  • Kyk op jou eie tyd

Die Oulike ma-bederfdag word geborg deur

Biomedical Emporium

Scroll to Top