Pa se Seun

Dankie Jesus dat U verstaan
Ons ergste nag
Ons donkerste dag
U was al daar, U verstaan

U het so swaar gely
Aan die kruis van Golgota
Nooit het God U verlaat
Hy sal ook nie vir my

Gebroke het ons Vader
Na hierdie wêreld gedraai
Sien julle liewe wêreld hoe lief Ek julle het
My eie Seun het Ek nie gespaar

My hart is stukkend sê Abba
Oor soveel mense in hierdie wêreld wat nie wil glo
Soos die fariseërs en skrifgeleerdes
Hou hulle hulself nogsteeds net so blind

Kinders se oë asseblief gaan oop
Dit is nie te veel gevra
Hoe kan julle aanhou miskyk
Die verlossingswerk behaal aan Golgota?

My Kind was stukkend
Hy was so bang
Vir julle het Hy kom ly
Sodat elke mens ‘n kans kon kry

Liefste Seun dankie dat Jy gekom het
Sê Abba God
Dankie dat Jy Jou eie weë weggelê het
En Myne gevolg het

Dankie My liefste Seun dat Jy gekom het
Vir My omdat Ek gevra het
Omdat Jy gekies het om te ly
Vir die wat na Ons sou vra

Dankie My liefste Seun
Vir dit wat was
Is
En altyd sal wees

Ek is so trots op My Seun
Sê Abba
My weë het Hy gekies bo Sy eie
Myne het Hy gekies om aan vas te hou

Besef julle dat hierdie wêreld
Nooit gered sou kon wees sonder die bloed van My Seun
Besef julle dat as Hy nie gekom het nie
Daar geen kans was vir een van julle?

Dankie liefste Seun dat Jy gekom het
Pappa is so trots op Jou
Dankie My liefste Seun
Ek gee so baie om vir Jou

Ek is so bly en dankbaar
My Seun het gekom om in jul plek te ly
Ek is so bly Hy het dood oorwin
Ek is so bly Hy sit langs My

Dankie My liefste Seun
Dat Jy Pa bly vertrou het
Al was dit donker
Dankie dat Jy gebly luister het vir My.

DEEL
Vorige artikelMatcha-plaatkoekies
Volgende artikelSoet herinnering op die wasgoedlyn
Blogger - Letitia Pienewald
Letitia Pienewald is ietsie oor die 30 jaar oud en gebore en getoë in Gauteng. Sy is in diens van die Here by die Anker van Hoop en King of Kings blogs. Letitia is lief vir die lewe en uitverkoop aan die Koning van alle konings. ‘n Hartewens is dat alle mense die perfekte liefde, goedheid en trou in God se hart elke dag meer sal ontdek. Sy is passievol daaroor om hoop aan ‘n gebroke wêreld te bring - haar lewe is immers ‘n getuigskrif van genade. Besoek Anker van Hoop op Facebook.