Paasfees aktiwiteite vir die gesin

0
73
pret.jpg

Hoe gemaak wanneer jy nie vir die langnaweek weg gaan nie? Ons het die perfekte oplossing.

Dit maak tog nie saak of jy nou vir die hele naweek weg gaan of nie. Jy kan steeds hierdie tydjie gebruik om uit te rus of selfs meer tyd saam met die familie te spandeer. Hou jouself só besig met die volgende aktiwiteite:

1. Lees ʼn bietjie meer

Stof daardie boekrak van jou af en kyk watter leesstof jy met ʼn vriendin kan uitruil of miskien kruip daar ʼn boek weg waarvan jy lankal vergeet het. Dis altyd lekker om met jou neus in ʼn boek te sit, terwyl jy aan ʼn heerlike koppie koffie teug. Besoek voelgoedwinkel.co.za vir afslagpryse op al jou gunsteling skrywers se boeke.

2. Stap daardie kilo’s vinnig af

Verveeld? Jy het nie rede om te wees nie. Trek jou tekkies aan, want dis tyd dat jy en daardie worshondjie van jou gaan stap. Of daag die hele gesin uit om saam met jou ʼn roete te draf. Die een wie wen kry ʼn ekstra paaseier.

3. Tee en beskuit saam met Ouma

Wanneer laas het jy en die kinders vir Ouma gaan kuier? Sy bak tog altyd die lekkerste beskuit. So hoekom nie? Onthou om vir Tannie Rina wat langs ouma bly ook te nooi vir ʼn heerlike koppie tee, want dalk is haar kinders ook weg vir die langnaweek.

4. Hou piekniek op jou grasperk

Pak ʼn piekniekmandjie vol van manlief se gunstelinge. – ʼn Chocolate paaseier en sjampanje is ʼn moet. Die beste van als is jy hoef nie ver te ry nie. Hou sommer piekniek buite op jou eie grasperk. En as dit reën, dan is die sitkamer die perfekte piekniekplek.

5. Maak ʼn draai by die naaste fliekteater

Wie kan nou nee sê vir springmielies? Gaan kyk bietjie daardie fliek waaroor almal gons. Dis ʼn moet hierdie langnaweek. Besoek http://www.sterkinekor.com/ en koop sommer fliekkaartjies aanlyn.