Paleis van liefde

Ek wil ‘n paleis van liefde
In jou hart bou
Dat jy altyd sal weet
Ek gee om vir jou

Ek wil dat jy sal weet
Niks sal ons ooit skei
Geen dood of lyding
Iets bo in die hemel of iets nie van My

Liefste kind
Dit maak My hart so seer
As Ek sien hoe jy
Konstant van My af wegskarrel

Jy glo nie dat Ek lief is vir jou nie
Dis asof jy dit nie weet
My liefste kind
Ek is so lief vir jou

Ek wil hê dat dit jou skans sal wees
Teen die storms in jou
Ek sien hoe dinge woed
In en rondom jou

Liefste kind weet jy
Dat Ek die stilte in jou storms is
Weet jy dat Ek
Die grootste storms tot berusting bring

Dit is ook wat Ek
In hierdie storm vir jou wil bring
Hemelse vrede wat sê
Vertrou My

Want dit is wat Ek doen
Sê Abba
Met harte wat My vertrou
Ja sê Abba Vader

Ek weet julle harte
Word baie kere bang
Ek weet julle beef
Van binne-in

Tog wil Ek hê julle moet weet
Liefste kinders
Vrees en angs
Is nie van My

Ek wil My vrede en rustigheid
Skenk in die diepste waters
Sê Abba
Want dit sê jy vertrou My

Dit is liefste kinders
Hoekom julle oë in die storm
Op My moet wees
En nie die storm rondom

Het julle geweet
Dis al hoe julle gesond
Deur die storms kom
Deur julle oë op My te bly hou

Liefste kinders
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om vrede en rus
In My arms te kom vind

Ek gee so baie om vir julle
Ek is baie lief vir jul
Saam gaan ons hierdie storm deur
Tot aan die anderkant

Dankie liefste kinders
Dat julle jul oë op My bly hou
Dat julle nie opgee
Dat julle lief is vir My

Ek is die vrede
In julle storm
Ek is die rustigheid
Kom na My en weet Ek is naby.

Weet julle wat staan in Romeine 8:31-39, Jesaja 43:2, Johannes 14:27 en 16:33? Gaan lees bietjie. x

Vorige artikelMevrou Doeminie en die moordenaars
Volgende artikelGroepsdruk
Blogger - Letitia Pienewald
Letitia Pienewald is ‘n doodgewone mens wat die wonder van hartsintimiteit met God ontdek het en ander graag help om dit ook te vind. Daar was ‘n honger in my hart na meer van Jesus en toe vra ek Hom vir meer. So is die blogs King of Kings en Anker van Hoop gebore. Ek het begin om gediggies van God neer te skryf maar dis nou al veel meer. Dis ‘n voorreg om my pad saam met die Here met julle te deel. ‘n Gebed is dat my en jou bewondering vir God altyd nuut en vars sal bly. Verder is ek lief vir die lewe en so dankbaar vir genade en hoop, waarsonder ek nie kan nie.