Pampoenkoekiesosaties

731

10 min. + gaarmaak 40 min.
5-6 mense

BESTANDDELE

1 kg botterskorsiestukke
½ t Oryx-sout
1 t karamelgeursel
2 e olyfolie
1-2 e rou heuning
Vir die sous
70 g amandelneutbotter
1 t kaneel
50 ml onversoete amandelmelk
3 e rou heuning
½ t Oryx-sout
1 t karamelgeursel
20 g amandelmeel
¼ t kaneel
30 g amandelsplinters

METODE

1. Stel die oond op 200 °C.
2. Week sosatiestokkies vir 15 minute in water om te verhoed dat die sous aan die stokkies vasbrand.
3. Stoom botterskorsie vir sowat 5 minute tot halfgaar. Ryg op sosatiestokkies.
4. Bedruip met olyfolie en karamelgeursel, en sprinkel sout en kaneel oor.
5. Bak in die oond vir 10 minute.
6. Meng intussen die sous.
7. Gebruik ’n kwassie en verf die sous oor die sosaties. Besprinkel met amandelmeel, kaneel en amandelsplinters.
8. Verhoog oondtemperatuur tot 220 °C en bak vir nog 15 minute tot bros en bruin.

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.