Pannekoek met sjokolade-mentsous

0
294
pannekoek_sjokolade_sous.png

Hierdie dekadente sjokolade resepte is presies wat jy nodig het om jou manlief oor Valentynsdag te bederf. Hy gaan beslis uit jou hand uit eet …

Genoeg vir 6
Tyd: 30 minute

BESTANDDELE:

Pannekoek
250 ml melk
1 groot eier
30 ml botter, gesmelt
120 g koekmeel
80 ml kakaopoeier
80 ml suiker
5 ml koeksoda
Knippie sout

Sjokolade-mentsous

100 g kruisementsjokolade
125 ml vars room
200 g topgehalte sjokolade, in blokkies gebreek, vir bediening
Vanieljeroomys, vir bediening
Bessies van jou keuse, vir bediening
Sjokoladeskaafsels, vir garnering

METODE:

  1. Klits die melk, eier en botter saam tot goed gemeng.
  2. Kombineer die meel, kakaopoeier, suiker, koeksoda en sout in ’n ander bak. Meng goed.
  3. Giet die melkmengsel by die droë bestanddele en meng deur.
  4. Verhit ’n kleefvrye braaipan oor matige hitte en giet 60 ml van die pannekoekbeslag daarin. Sodra die deeg effens om die kante begin set, keer die pannekoek om en braai aan die ander kant tot deurgaar. Verwyder uit die pan en hou warm. Herhaal met die oorblywende beslag.
  5. Om die sous te maak, smelt die skokolade saam met die room in ’n kastrol.
  6. Plaas ’n paar blokkies skokolade op elke pannekoek. Vou dit toe en bedruip met die sous. Bedien met ’n skeppie roomys en bessies, en garneer met sjokoladeskaafsels.

 

Met komplimente van Food & Home Entertainment en Your Family