Pansotti met ’n waterkastaiingsous

0
62
Pansotti.jpg

’n Lekker lang kuier om die etenstafel is die toppunt van geselligheid. Bederf jou kuiergaste met heerlike geregte soos eksotiese pansotti.

Genoeg vir 4 6
Tyd: 20 minute

BESTANDDELE
250 g gekoopte pansotti gevul met botterskorsie en salie

Sous
100 g botter
30 ml olyf- of avokado-olie
100 g ingemaakte waterkastaiings, gekap
60 ml vars salie
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
100 g parmesaankaas, varsgerasper

METODE
1. Kook die pansotti-pasta in ’n groot hoeveelheid kookwater met sout tot al dente, en dreineer.
2. Vir die sous: Verhit die botter en olie in ’n braaipan en voeg die waterkastaiings by. Kook tot skuimerig, ongeveer 5 minute. Roer die salie by en geur.
3. Meng die pasta en sous versigtig saam en strooi die parmesaankaas bo-oor.

Deur Anna Montali, bygestaan deur Nomvuselelo Mncube. Foto’s deur Roelene Prinsloo.