Pappa-God wil en kan help

Oe ja
Partykeer is daar swaar
Goeters wat nie altyd maklik is
Om op hierdie aarde deur te gaan

Ja liefstes
Pappa weet als daarvan
Ek wil net sê
Ek’s altyd gereed om hand by te sit

Ja liefstes
Van die kleinste probleempies
Tot die grotes
Pappa hou hulle almal se oplossings in My hand

Hierdie wêreld sê Daddy
En haar probleme
Moet nog leer
Nie een van hulle sal ooit vir My ore kan aansit

Ek het ‘n wonderlike hart
Sê Pappa
‘n Wonderlike hart
Altyd wil Ek graag help

Dit beteken vir My baie
Regtig-egtig baie
Wanneer daar mense is
Wat aanhou om My raad te kom probeer

Ek lief dit so gereeld
Om mense te kry
Op hulle knieë
Vraend vir raad

Die nederigheid waarmee julle vra
Kinders
Dis so mooi
Daai ootmoed wat in julle harte lê

Dis nogals ‘n groot woord
Sê Abba-God
Maar Ek dink van julle verstaan
Dis om met sagtheid van hart geklee te wees

Dis daai hart wat sê
En besef
Ek kan verkeerd wees
Kom ek vra eerder vir raad

Dis daai hart wat sê en besef
Ek hoef nie alles reg te hê
My waarde as kind hang nie af daarvan
Ek is kind van God

Dis mense, dis harte
Wat hulle feilbaarheid besef
En in plekke van swakhede
Bereid is om My hulp te aanvaar

Oe die wonder
Sê Pappa-God
Oe die wonder
Van My vra as jy nie weet

Oe kinders
Dit gebeur net te gereeld
Te gereeld
Dat julle nie My raad vra

Dis vir My ‘n groot voorreg
Sê Pappa-God
Om julle harte aan te hoor
Om te sien waar kan Ek help

Dis so broodnodig
Liefstes
Dat julle sal besef
Julle het ‘n Pappa in die hemel wat graag wil

Julle hoef nooit terug te hou liefstes
Nooit skaam te wees
As Ek naby is
Vra vir hulp, enige tyd.

Vorige artikelWinterwonder
Volgende artikelDie aarde vanaf die maan
Blogger - Letitia Pienewald
Letitia Pienewald is ‘n doodgewone mens wat die wonder van hartsintimiteit met God ontdek het en ander graag help om dit ook te vind. Daar was ‘n honger in my hart na meer van Jesus en toe vra ek Hom vir meer. So is die blogs King of Kings en Anker van Hoop gebore. Ek het begin om gediggies van God neer te skryf maar dis nou al veel meer. Dis ‘n voorreg om my pad saam met die Here met julle te deel. ‘n Gebed is dat my en jou bewondering vir God altyd nuut en vars sal bly. Verder is ek lief vir die lewe en so dankbaar vir genade en hoop, waarsonder ek nie kan nie.