Pa’s kom op die swartlys

0
101
Onderhoudswet.jpg

Daar kom ‘n nuwe Onderhoudswet wat bepaal dat pa’s wat nie onderhoud betaal nie, se name op die swartlys geplaas kan word.

Daar kom ‘n nuwe Onderhoudswet wat bepaal dat pa’s wat nie onderhoud betaal nie, se name op die swartlys geplaas kan word.

Dit sal beteken dat hulle dan ook geen krediet kan kry om (sê) ʼn motor te koop nie. Indien hulle nie opgespoor kan word nie, kan hulle besonderhede selfs van selfoon verskaffers verkry word, en pa’s sal ook die kostes hiervan moet dra.  

Die Bybel vertel ook van pa’s wat nie hulle verpligting nakom nie. Ek lees die afgelope week weer die verhaal van Hagar en Abraham in die Bybel (Gen. 16). Abraham was met Sara getroud, maar sy kon nie kinders kry nie. Toe het Abraham seks met Hagar (Sara se slavin). Hagar baar toe ʼn seun. Maar soos dit in enige gesin sal gaan as ʼn man twee vrouens het, het daar groot spanning ontstaan tussen die twee vroue. Sara het haar slavin Hagar so sleg begin behandel dat Hagar op die einde besluit het om weg te loop. So het ʼn swanger Hagar haarself in die woestyn bevind, sonder enige heenkome. Dit klink omtrent soos ʼn moderne verhaal van ʼn man wat sy skelmpie swanger maak en dan in ʼn woonstel in die middestad gaan aflaai.

Hagar is ʼn enkelma wat sonder heenkome is. Maar God sien dit raak en ontferm Hom oor Hagar daar in die woestyn. God sien altyd die verontregte raak. So ken God ook elkeen van ons se nood.

DEEL
Vorige artikelWanda Bam: Só leef jy geloof
Volgende artikelOnthou jy nog daardie wedstryd?
Hennie Stander
Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog.