Ons vertrek vanaf Johannesburg na München, die hoofstad van Bavaria, met sy eeue-oue geboue en verskeie museums. München is veral bekend vir sy biersale, onder andere die Hofbräuhaus, wat in 1589 gestig is. Ons besoek ook die Marienplatz, stadsaal en klokkespel.
In Oberammergau is jy vry om die pragtige dorp op jou eie te verken. Die wêreldbekende Passiespel begin om 13:30 en die eerste deel van die toneel duur tot 16:00. Na aandete word die tweede deel van die toneel hervat.
Die bekoorlike stad Salzburg is bekend vir sy musikale erfenis. Ons wandel deur die Mirabell-tuin van die film The Sound of Music, stap oor die Salzach-rivier en verken die ou stad asook die imposante Domkerk-plein en “Getreidegasse”, die smal straatjie waar Mozart in 1756 gebore is.
Dan reis ons na die Tsjeggiese Republiek se lewendige hoofstad, Praag, propvol antieke en moderne geskiedenis. Op die roete besoek ons ook die kasteel van Hluboká, bekend as die “Windsor”-kasteel. Dit is een van die mooiste kastele in die Tsjeggiese Republiek. Dié dertiende-eeuse skat is naby die stad České Budějovice geleë.
In Praag besoek ons die Sint Vitus-katedraal in die duisendjaaroue Praagse kasteel. In die stadsplein kan jy die groot horlosie met sy astronomiese uurwerk besigtig.
Deur ’n welige landskap op pad na Bratislawa, besoek ons die Presidensiële paleis en ouwêreldse oudorp.
Wene is ’n dinamiese stad met ’n luisterryke keiserlike erfenis. ’n Plaaslike gids stel ons aan verskeie bakens, soos die Hofburgpaleis, die Staatsoperahuis, die Imperial boulevard en die imposante stadsaal bekend.
Budapest is ’n romantiese stad aan die wes-en oosoewer van die Donaurivier.
Besienswaardighede sluit die Vissersbastion, die Heldeplein en die St. Matthias-kerk in.
Vroegmiddag vertrek ons na die lughawe vir die terugvlug na Johannesburg.