Pastaslaai

932

5 min. + gaarmaak 15 min.
4 tot 6 porsies

BESTANDDELE

500 g pasta, vooraf gaargemaak, (Ek verkies rys- of quinoa-pasta.)
1 e olyfolie 1 medium rooislaai-ui opgesny
400 g rosa-tamaties in die helfte gesny
2 t knoffelvlokkies
2 t uievlokkies
1 t uiepoeier
2 t Oryx-sout
1/2 t growwe swartpeper
3 e rou heuning
1 opgehoopte e paprika
2 t basiliekruid
250 ml onversoete amandelmelk
100 g songedroogde tamaties in stukkies opgesny
1 hand vol vars, opgekapte basiliekruid
2 opgehoopte eetlepels amandelmeel

METODE

1 Kook pasta vooraf, spoel af en laat afkoel.
2 Verhit olyfolie in pan en braai uie tot goudbruin, voeg tamaties by en roerbraai tot sag.
3 Voeg die res van die bestanddele by. Roer goed.
4 Voeg die amandelmelk by, verlaag temperatuur en laat sous vir ’n paar minute prut.
5 Laat afkoel.
6 Gooi sous dan bo-oor pasta en roer goed.
7 Voeg songedroogde tamaties by en sprinkel met amandelmeel.
8 Plaas in yskas om af te koel.
9 Garneer met vars basiliekruid voor opdiening.­­­

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.