Pearl, hou vas!

vliegtuig

Ek is moeg en ek bid dat die mens wat langs my gaan sit in die sitplek 24D sal ook moeg wees, want ek is nie lus vir praat nie.

Ek is agter in die ry en nadat ek my handbagasie in die kajuit gebêre het, wil ek my plek inneem. Daar sit reeds een man in my ry. Hy sit met ‘n opgerolde tydskrif in sy hand en wag vir die vliegtuig om op te styg.

Ek skuur verby hom en neem my plek by die venster in en kyk oor die vlerk. Die wêreld om my lyk nog groot en die humiditeit van die dag lê ook in die vliegtuig. Dit is warm en mens se woorde raak lui as jy so sit en wag. My oë hang swaar aan die die sinne in die leesboek wat oop lê op my skoot, ek is nie lus vir lees nie, maar ek is net lus vir sit.

Ek voel so bietjie beknop toe die volgende passasier langs my kom inskuif in die middelste stoel, ons groet mekaar en ek sien hoe sukkel sy om haar trui uit te trek. Ek help haar en trek die trui agter haar rug af en sy bedank my vriendelik. Ek sien uit na my kuier maar my plan is om verlore slaap in te haal oppad Johannesburg toe.

Ek dink nie ek is al een met die blink gedagte nie. Ek vra die vrou langs my “Are you going home, or going away?” Sy antwoord: “I am going home, had a long days work done in Cape Town”.

Dit is al 20H00 op ‘n Donderdagaand, ook maar laat om huistoe te gaan, en ek kan sien dat sy is ook moeg. My gedagtes was nie eers koud nie, toe sê sy “I wish I could sleep now”. Ek lag en sê vir haar dit is presies wat ek gebid het.

Ons gesels nog tot die vliegtuig sy wiele lig. Alles is donker in die vliegtuig en ons oë is toe, tot die skerp lig aangaan en die lugwaardinne begin kos en drinkgoed uitdeel. Die vlug is onrustig want mens hoor ’n baba huil in die voorste ry, later word die ook stil en die mense sit nou rustig agteroor en word bedien.

Ek vra die vrou langs my “What is your name?” Sy antwoord met ‘n spierwit tande gimlag: “Pearl and yours?”. Ons twee gesels so bietjie oor Natal, waarvandaan sy kom, en hoe ek die wêreld ken met die sendeling aksies wat ons daar gedoen het.

Sy vra my “Is jy steeds ’n sendeling?” Ek verduidelik vir haar mens is maar ’n sendeling waarokal jy kom. By jou werk, in jou gemeenskap en selfs by die kerk. Sy stem saam en sy sê nederig dat sy kan beter word as sendeling.

Ek sê vir haar “Where ever we go we are an influencer, either to show people the good way or the way of destruction, we just need to choose what’s important to us first” Die gesprek eindig mooi positief, maar albei van ons se koppe wil nou agteroor en ons oë toe langs mekaar is nie ongemaklik nie.

Die hele vlug was verder stil tussen ons tot hulle aankondig en sê ons gaan land binne 20 minute. Die 20 minute was net genoeg tyd om ’n kosbare gesprek te hê met Pearl. Ek kon deel met haar hoe waardevol sy in die oë van God is. Terwyl sy luister sê sy net “Sjoe… sjoe!”

Asof sy die eerste keer besef dat al was sy stoksielalleen op die aarde, sou God presies dieselfde vir haar, alleen, gedoen het as vir biljoene mense. Hy het Sy beste gegee, Sy Seun. Sy kon besef hoe waardevol sy is en wie bepaal eintlik haar waarde. Sy sê vir my haar tweede naam beteken “Woman of prayer” en ek sê vir haar wat my naam beteken.

Ek was so bly om Pearl te ontmoet en die sitplekke 24 D en E was bestem vir ons twee, ons bestemming was bereik in God se doel, nie net om te land op Oliver Tambo se bodem nie. Sy het die hele vlug Engels gepraat, maar hier op die einde haak sy af terwyl ons vliegtuig se neus wêreld toe wys “HOU VAS!’. Ek lag uit my maag vir Pearl, en van daardie oomblik is ons vriendskaps logo nou “Hou vas”

Pearl het my nuwe vriendin geword, en ek gaan haar weer sien as sy Kaap toe kom. Ons gesels lag-lag op die bus en tot by die aankoms saal. Ek vra haar of sy na my tas sal kyk terwyl ek na die badkamer stap.

Sy antwoord “Sure, if you trust me?” Sy sê dit half so ongelowig asof ek hierdie vreemdeling met my naweek tas te vertrou is amper te goed om waar te wees. Ek sê: Offcourse I trust you”. Snaaks genoeg dink ek oppad, as Pearl nou my tas gryp kan ek nog ’n tandeborsel by Pep koop, maar waar sal ek ’n rok kry vir die troue!

Soms moet mens net kan weet dat jy iemand se goeie hart kan vertrou selfs wanneer hulle dit self nie sien nie. Dit is die waarde wat God juis vir ons gegee het, dat in ons het mens nie veel om oor te spog nie, want die Een wat ons waarde gee is juis die Een wat ons harte mooi maak.

Ek het Pearl ’n stywe druk gegee en ons het mekaar gegroet en sy sê vir my “Today you were a good influencer, this was the best and most memorable flight I’ve ever had, and I fly frequently. I will keep in contact with you my new friend. Keep spreading His message of love among all those you meet and He has blessed you already for it and for your beautiful spirit…”

Ek antwoord haar en groet: “Let’s be good influencers, Pearl. HOU VAS!”

Vorige artikelTussen die rotspoele in Kommetjie
Volgende artikelAlgemene vrae – Bootreise
Blogger - Adri Marais
Adri Marais is sommer net ’n kaalvoet gedig. Haar liefde vir mense en stories vertel, meestal haar eie stories, het ’n passie begin word en pad gevat na miljoene woorde wat maats soek om te inspireer. Hierdie stories vertel van hoop, geloof, liefde, swaarkry en vreugdes. Sy is tans ’n kommunikasiebestuurder en ’n enkelma wat kreatief die lewe liefhet en wil deel om ander op te bou en te bemoedig. Sy hou van die reuk van nat grond na die reën, vars blomme, skoon bedlinne en die gesuis van die wind tussen die grootste bome. Om haar droom uit te leef beteken om ander te kan inspireer deur stories wat leef en ’n nalatingskap los by gewillige lesers. Hierdie stories wat die lig laat sien deur ander se oë en ervaringe om te verstaan waar ware hoop, geloof en moed lê. Stories wat ons uitdaag, meer leer van onsself en te beïnvloed om te verander sodat ons beter mense wil wees. Nie dat sy al die antwoorde het nie, maar deur geloof in Jesus Christus, wil sy meer wees as om deur die lewe loop sonder om ’n verskil te maak. Verhale kleur die lewe in en oral is daar karakters met stories om ons wat die reis interessant maak. Kom saam en vind dalk net jou inspirasie in ’n storie van ’n invloeder. Haar blog se naam is #Rooimat stories.