Peper-calamari met soet rissiesous

0
110
calamari.jpg

Kersfees is ’n tyd vir saamwees om die etenstafel. Kies uit ons resepte wat spesiaal vir die geleentheid uitgesoek is. Hierdie Peper-calamari met soet rissiesous is ’n wenner om die Kerstafel!

Genoeg vir 4
Tyd: 20 minute plus ekstra vir marinering

BESTANDDELE
1 kg Falkland-calamari-buise
20 ml olyf- of avokado-olie
10 ml gemaalde witpeper
knippie seesout
10 ml rooipeper
5 ml droë rissievlokkies
5 ml knoffelpoeier
sap van 1 lemmetjie
5 ml vissous
vars koljander, gekap, om op te dien
gaar aartappelskyfies of -wiggies, om op te dien
soet rissiesous, om op te dien

METODE
1. Was die calamari en droog baie goed af. Plaas in ’n mengbak, bedruip met die olie en meng goed.
2. Meng die droë speserye saam in ’n klein bakkie en sprinkel oor die calamari. Meng goed deur en laat staan om te marineer vir ongeveer 20 minute.
3. Smeer ’n braaipan liggies met olie en braai die calamari tot lig goudkleurig, ongeveer 2 minute aan elke kant.
4. Plaas die calamari op ’n opdienbord en bedruip met lemmetjiesap en vissous. Garneer met die koljander en sit voor met warm aartappelskyfies of -wiggies en soet rissiesous.

Resep en stilering: Anna Montali bygestaan deur Nomvuselelo Mncube
Fotograaf: Roelene Prinsloo
Met komplimente van Food & Home Entertaining