Pepersteak

0
104
pepersteak.jpg

’n Lekker lang kuier om die etenstafel is die toppunt van geselligheid. Bederf jou kuiergaste met heerlike geregte soos pepersteak.

Genoeg vir 4
Tyd: 20 minute

BESTANDDELE
10 ml olyfolie
4 biefsteaks (kruis- of lendeskyf)
60 ml swartpeper, fyngedruk
5 ml growwe seesout
30 ml witwyn of suurlemoensap
20 g botter
45 ml room

METODE
1. Bestryk die steaks met die olyfolie en verdeel die swartpeper eweredig tussen die steaks. Bedek die steak aan albei kante met die peper.
2. Verhit ’n braai- of riffelpan tot baie warm. Panbraai die steaks vir ’n paar minute aan elke kant, tot gaar na smaak.
3. Plaas die steaks op ’n bord en geur met die sout. Hou warm.
4. Voeg die witwyn (of suurlemoensap) en botter by die pan en roer tot die stukkies loskom. Laat 2 minute lank kook.
5. Verlaag die hitte, voeg die room by en laat kook vir 1 minuut. Giet die sous oor die steaks en sit voor met aartappels en ’n groenslaai.

Deur Lyn Woodward. Foto’s deur Graeme Wyllie.
Met komplimente van Your Family.