Perfekte tydsberekening in jou kombuis

0
63
kitchen_passion.jpg

Word ’n kokkedoor-kosmaker met hierdie nuwe tydhouer. Die 60 minute Zassenhaus magnetic retro timer is nie net stewig en maklik om te gebruik nie, maar ook pragtig.

Dit verleen flair en kleur aan jou kombuis. En een van die beste eienskappe: Dit gebruik nie batterye nie, maar werk met ’n opwenstelsel en ’n outydse klokkie wat jou nostalgies sal laat glimlag. Beskikbaar teen R270. Besoek Kitchen Passion by www.kitchenpassion.co.za. Hierdie aanlyn winkel is ’n paradys vir elkeen wat kosmaak en die kombuis geniet.

Hulle het iets vir elke taak, van oulike toebehore en bykomstighede tot skale, kookgerei, porselein en messe – eintlik alles wat jy nodig het vir inspirasie in die kombuis.