Piesangmuffins

10 min. + baktyd 25-30 min.
12 muffins

BESTANDDELE

2 blikkies keker-ertjies, gedreineer en afgespoel
6-7 medium ryp piesangs, fyngedruk met ’n vurk
6 e rou heuning
2 t woestynsout
100 g amandelneutbotter
2 t vanillageursel
3 t karamelgeursel
2 t koeksoda
100 g amandelmeel
2 e olyfolie
½ t kaneel
4 groot eiers
Vir garnering
amandelvlokkies of -skaafsels
kaneel
rou heuning om oor te sprinkel

METODE

1 Stel die oond op 180 °C.
2 Verwerk die keker-ertjies tot fyn in ’n voedselverwerker.
3 Voeg die piesangs en al die ander bestanddele, behalwe die eiers, by.
4 Klits goed op ’n hoë spoed tot ’n gladde tekstuur.
5 Klits dan die eiers apart en voeg by die beslag.
6 Klits vir ’n verdere 1 tot 2 minute teen ’n hoë spoed.
7 Skep in muffinpannetjies.
8 Garneer met amandelvlokkies of -skaafsels, kaneel en ’n skeut rou heuning.
9 Plaas in oond en bak 25-30 minute tot gaar.

Izelle HoffmanIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.