Pikante avokadosalsa

0
67
avo_salsa.jpg

Wie wil nou in die hitte van Desember staan en kosmaak voor die stoof? Gee eerder vir jou gesin in hierdie warm maand koue geregte wat geurig en vullend is en in ’n japtrap voorberei kan word.

Genoeg vir 4
Tyd: 5 minute + 15 om te verkoel

BESTANDDELE
2 avokado’s, pitte verwyder
1 rooirissie, fyngekap
½ koppie heel mieliepitte
7 klein Roma-tamaties, gekap
sap van 1 klein lemmetjie
handjievol vars koljander, gekap + ekstra vir opdiening
seesout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
bros platbrood, vir opdiening
vars lemmetjie, vir opdiening

METODE

  1. Skep die avokadovleis uit die skille, maak fyn en plaas in ’n bak saam met die rissie, mieliepitte, tamaties, lemmetjiesap, koljander en geurmiddels.
  2. Skep in opdienbakke en verkoel vir 15 minute.
  3. Dien op met platbrood, baie vars koljander en lemmetjie.

nbsp;

Resep en stilering: Leila Saffarian
Fotograaf: Dylan Swart
Met komplimente van Food & Home Entertaining