Pikante wors-en-noedelgebak

0
247
noodle_gebak.jpg

’n Een-bak dis wat nuwe betekenis gee aan maklik, is hierdie noedelgebak in ’n Argilla Roosterbak.

Genoeg vir 4 persone
Tyd: 45 minute

BESTANDDELE
250 g heel knopiesampioene
300 g cabanossi-wors
15 ml olie
800 ml baie warm water
230 g pak Knorr Mince Mate Creamy Cheese Noodles
150 ml broodkrummels
3 ml origanum
150 ml gerasperde kaas

METODE
1. Mikrogolf die sampioene, cabanossi-wors en olie onbedek in ’n Klein Gourmet Roosterbak.
2. Voeg die Knorr Mince mate geurmiddel (seasoning mix), 800 ml warm water en die rou noedels by en mikrogolf vir 8 minute. Roer en mikrogolf vir nog 8 minute.
3. Maak die sous volgens die aanwysings op die pakkie aan en giet oor die pasta. Strooi broodkrummels, origanum en gerasperde kaas oor en mikrogolf 5 minute tot gaar.