Plant kan ’n plesier wees

0
199
plnat.jpg

Skrik die idee om honderde gaatjies vir saadjies te maak jou af van tuinmaak? Dan moet jy beslis ’n plantstok aanskaf.

Hierdie oulike instrument maak die gaatjies en is baie prakties en nuttig vir die plant van klein bolplante, sade en saailinge. Dit help ook baie wanneer jy stam- of wortelsteggies plant, aangesien jy nie die plant beskadig deur dit in die grond in te dwing nie. Dis baie makliker en skoner as wanneer jy jou vingers gebruik.

Jy druk eenvoudig net die lem in die grond in en draai dit totdat die gat so groot is soos jy dit wil hê. Die gate is dan ook ewe groot en diep. Dit haal al die sukkel uit uitplant.