Plant volgens hartsbegeerte

0
47
groente_tuin.jpg

Gretig om ’n kleurvolle groentetuin, jou gunstelingblomme of miskien geurige kruie te plant?

Of jy nou van blommetjies of basilie hou, hierdie duursame plantpot van geotekstielmateriaal is dalk die sleutel waarmee jy ’n suksesvolle tuin kan ontsluit – veral as ruimte beperk is.

Dis aanpasbaar en draagbaar en die materiaal help om die balans tussen lug, grond en water reg te hou, terwyl dit die plant se wortels beskerm, verdamping beperk en help om die water te versprei.

Jy kan dit binnenshuis of buite gebruik. Die materiaal waarvan dit gemaak is, is bestand teen ryp en UV-strale. Dit is nie net sterk nie, maar ook 100% herwinbaar en ekovriendelik.

Beskikbaar by Yuppiechef.com teen R610.