please jouself, nie net die people nie

0
22
people_pleaser.jpg

As jy voel dat jy ’n people pleaser is, is daar dalk ’n verband tussen dít en jou gewig. Breek die ketting vandag!

Ek het gevind dat baie vrouens wat met hulle gewig sukkel ook people pleasers is. Hulle is baie bang dat ander mense nie van hulle gaan hou, hulle gaan aanvaar of positief teenoor hulle gaan reageer nie. Hierdie vroue doen eerder hulself skade as vir enigiemand anders, insluitend mense wat hulle nie eers ken nie. Hulle kan nie nee sê nie en glo jy moet altyd glimlag en nice wees. As jy een van hierdie vrouens is moet jy iets mooi onthou.

Elke keer wat jy ander weereens bo jouself stel, gaan die frustrasie en bitterheid in jou opbou. En waar gaan jy dit uithaal? Op kos! Jy mág jouself soms eerste sit, jy mág nee sê en jy mág opstaan vir jouself. Dit is ook moontlik om dit te doen sonder om ongeskik te wees! Begin vandag daaraan werk.