Portobello-sampioene met moringa-krummels

197

5 min. + gaarmaak 20 min.
4-6 mense

BESTANDDELE

6 portobello-sampioene
6 t olyfolie
Vir die krummels
60 g amandelmeel
1 e quinoa
1 t knoffelvlokkies
1 t uiepoeier
1 t woestynsout of pienk sout
1 t droë basiliekruid
2 t droë pietersielie
2 t moringapoeier
1 t gerasperde suurlemoenskil
60-80 g songedroogde tamaties
Vir die bedruipsous
1 e rou heuning
1 e Tamari-sojasous
vars basiliekruid vir garnering

METODE

1 Stel die oond op 200 °C.
2 Berei ’n bakplaat voor met kleefsproei.
3 Plaas die sampioene op die bakplaat en drup ’n teelepel olyfolie oor elkeen.
4 Plaas dan van die songedroogde tamaties op elkeen.
5 Meng die krummels en sprinkel oor elke sampioen.
6 Bak vir 15 minute in die oond. Haal uit en bedruip met sous.
7 Stel die oond dan op rooster en rooster die sampioene vir ’n verdere 5 minute.
8 Garneer met vars basiliekruid.
9 Sit dadelik voor.

Izelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.