0,00 ZAR

Geen produkte in jou mandjie.

0,00 ZAR

Geen produkte in jou mandjie.

Home Dagstukke Eerste5: My één woord
Spaar!

Eerste5: My één woord

R129.00 R99.00

… elke week uit God se Woord

Die Vroue wat Glo dagstukkies met vrae vir refleksie fokus week vir week op een woord op ’n slag in die Bybel.

SKU: Eerste5: My één woord Kategorie:

Beskrywing

Die meeste van ons voel oorweldig deur die gedagte van ’n groot geloofsplan, soos om die Bybel in ’n jaar deur te lees. Of om elke week ’n Bybelvers te memoriseer. Ons wil dit graag doen, maar kom nie daarby uit nie.

Wat van die eenvoudige dissipline van fokus op een woord, elke week van die jaar? Dis reg, slegs één woord uit God se Woord … En jy doen dit op jou selfoon, drie keer per week. Al wat jy moet doen is om die app af te laai en die stukkie oop te maak en te lees.

52 geloofsvroue soos Liesel Krause-Wiid, Karien Basson en Greta Müller het elkeen één woord gekies, asook sleutel-Bybelverse waarin hierdie woord voorkom. Dit sal jou help om die geloofsavontuur wat God vir jou beplan het, uit te leef en terselfdertyd meer te leer.

Woorde sluit in: hoop, dankbaar, genade, Jesus, vrede … Elke woord sal jou lewe verander, jou dieper in die Skrif intrek, en jou nader aan Hom en mense bring. Dit sal jou geloof laat groei!

Hierdie reeks dagstukkies wat jy op jou selfoon ontvang, is nie net nog ’n item op jou doenlysie nie. Beskou dit as ’n reis om agter te kom watter groot dinge God in en deur jou wil doen. Dit is ook ’n proses van leer en vorming, waartydens Hy vir jou sal wys wat regtig belangrik is en wat vir altyd ’n verskil in jou lewe sal maak.

Drie ingrypende vrae vir refleksie na elke dagstukkie sal jou help om die meeste uit My één woord te haal. Jy kan hieroor nadink, bid en/of skryf in ’n joernaal om die betekenis van die woord deel te maak van jou geloofsbeskouings. So kan jy uitwerk hoe jy dink God wil hê jy die woord uit sy Woord moet uitleef.

Bekendes

error: Inhoud Is Beskerm!!

Teken in op Voelgoed se nuusbrief en WEN!