Pruim-en-appelfrummelpoeding

0
91
pruim_appel_poeding.png

Hierdie dekadente sjokolade resepte is presies wat jy nodig het om jou manlief oor Valentynsdag te bederf. Hy gaan beslis uit jou hand uit eet …

Genoeg vir 4 individuele porsies of 1 groot bak
Tyd: 40 minute

BESTANDDELE:

Vulsel
3 appels, geskil, ontkern en opgekap
2 x 410 g geblikte pruime, gedreineer
30 ml vanielje-ekstrak
45 ml Muscovado-suiker
15 ml jenewer
10 ml gemaalde kaneel

Bolaag
45 ml pistasieneute, afgedop
60 g koekmeel
30 g gerolde hawermout
50 g suiker
60 ml botter, in blokkies gesny

METODE:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C en smeer vier ramekin-bakkies liggies.
  2. Vir die vulsel, plaas die vrugte in ’n kastrol en meng die vanielje daarby. Strooi die res van die bestanddele bo-oor en verdeel dan tussen die vier ramekins.
  3. Kombineer die frummel-bestanddele saam in ’n mengbak en skep bo-oor die vrugte. Bak tot die bolaag goudbruin is en die vrugte borrel – sowat 40 minute.
  4. Bedien warm saam met mascarpone, vla of vars room.

 

Met komplimente van Food & Home Entertainment en Your Family