Pynappel- en Soetrissie Hoendersosaties

0
1664

BESTANDDELE:

2 Pynappels
2 Soetrissie
2 Rooi Uie
2 Teelepels Paprika
2 Teelepels Cayenne Speserye
2kg Hoender
8 Eetlepels Heuning
1 Teelepel Oreganum
Sout en Peper
250ml Water
15ml Olyf Olie

METODE:

1. Begin deur die hoender, pynappel, soetrissie en uie in groot stukke te sny; groot genoeg om op ‘n sosatie te pas.
2. Ryg die sosaties in die volgende order: Hoender, Ui, Soetrissie, Pynappel. Herhaal totdat sosaties vol is. Maak seker dat die sosatie eindig op ‘n pynappel stukkie, sodat die ‘n ‘stoppertjie’ vorm.
3. Plaas die sosaties op die vuur. (Moet nog nie sout en peper nie)
4. Begin die marinade sousie te meng deur die paprika, Cayenne Speserye, Oreganum, Heuning, Olyf Olie en Water by mekaar te meng. Sout en peper na smaak. Roer deeglik.
5. Sodra die hoender gaar begin lyk (die vleis begin witter word), smeer die marinade oor die hele sosatie. Draai en herhaal, sodat alle kante van die sosatie lekker gegeur word.
6. Net voordat die sosaties gereed is, neem die pitte van die soetrissie en sprinkel dit oor die sosaties.

Resep voorberei by ATKV Eiland Spa.