Pynappelgebak

5 min. + gaarmaak 15-20 min.
4-5 mense

BESTANDDELE

1-2 pynappels, in ringe of skywe gesny
Basis
¼ t kaneel
50 g amandelmeel
Sous
2 e rou heuning
sap van 1 lemmetjie
2 t karamelgeursel
¼ t woestyn- of pienk sout
Om bo-oor te sprinkel
30 g amandelmeel
30 g amandelsnippers
¼ t kaneel
vars kruisement vir garnering

METODE

1 Stel die oond op 220 °C. Berei ’n oondbak voor met kleefsproei.
2 Sprinkel die bestanddele vir die basis oor die bodem van die bak en plaas die pynappelstukke bo-op.
3 Meng die bestanddele vir die sous en giet oor die pynappelstukke.
4 Voltooi die gereg deur die amandelmeel, amandelsnippers en kaneel bo-oor te strooi.
5 Bak vir 10 minute, verstel die oond na “rooster” en plaas terug vir ’n verdere 5 minute.
6 Garneer met kruisement en sit warm of koud voor.

Izelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.