Qatar Lugredery

0
60

Die hoof van Qatar Lugredery het homself verlede week baie ongewild gemaak by ’n hele klomp mense.

Die hoof van Qatar Lugredery het homself verlede week baie ongewild gemaak by ’n hele klomp mense.

Hy het gesê dat op Amerikaanse lugrederye die passasiers deur oumas bedien word, terwyl sy lugwaardinne net so 26 jaar oud is. Qatar is nie juis bekend vir sy goeie hantering van vroue nie. Tot so twee jaar gelede nog het hulle vroue afbetaal as hulle getrou het of babas gekry het in die eerste 5 jaar na hulle aanstelling,

Maar sulke opmerkings oor vroue soos hierbo is natuurlik aaklig. Dit is neerhalend en seksisties en spreek van vooroordele teenoor ouderdom. As die vliegtuig val en passasies het hulp nodig, gaan jy nie kieskeurig wees as jy hulp vra nie. Oud of jonk, man of vrou, swart of wit, Afrikaans of Engels, maak dan nie saak nie. Dit behoort nooit saak te maak nie.

Paulus help ons om ʼn nuwe persepsie oor ras, taal, geslag en status te hê. Hy sê in Galasiërs 3:28 “Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één.”

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.