Quinoa-en-keker-ertjie-patties

112

10 min. + 5-10 min
6-8 mense

BESTANDDELE

2 e olyfolie
1 k vooraf gekookte quinoa, gegeur met woestynsout en droë pietersielie
1 blikkie keker-ertjies gedreineer, afgespoel en fyngemaak
1 klein rooi slaai-ui, fyn opgesny
1 t vars gemmer
1 t vars knoffel
1 t woestynsout
½ t growwe swartpeper
¼ t brandrissievlokkies (opsioneel)
2 e rou heuning handvol vars koljander, gekap
1 eier, geklits
Hou twee opgehoopte eetlepels amandelmeel byderhand indien jy die beslag moet aanpas.

METODE

1 Kook die quinoa vooraf volgens die aanwysings. Geur met sout en droë pietersielie.
2 Dreineer en was die kekerertjies; verpulp dan met ’n voedselverwerker.
3 Gebruik ’n mediumgroot mengbak en meng die quinoa, keker-ertjies, opgekapte ui, gemmer, knoffel, sout, peper, brandrissievlokkies, rou heuning en koljander.
4 Klits die eier apart en voeg by mengsel. Meng goed in.
5 Jy kan amandelmeel na gelang van behoefte byvoeg indien die mengsel te loperig is.
6 Verhit olyfolie in pan.
7 Vorm patties in jou hand, plaas in pan en braai tot beide kante bros en bruin is. (Dit sal ferm word wanneer dit kans kry om behoorlik af te koel.)

 

Izelle HoffmanIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.